197.242.69.194
Heilbron Historiese terrein Museum Goya hutte Matabeles Begraafplaas Gedenk | HEILBRON, HEILBRON |

Vegkop Slagveld Terrein
 
Besoek gerus ons "Fasiliteite" blad vir meer inligting oor wat hierdie 
geskiedkundige terrein die besoeker alles kan bied.

Slag van Vegkop Oktober 1836
 
Die slag van Vegkop was die eerste botsing met swartes noord van die 
Oranjerivier. Trekkers trek laer aan die suidelike voet van Vegkop (destyds 
Doornkop). Die trekleier was Andries Hendrik Potgieter. Die geestelike leier was
Charl Cilliers. 
 
Die Matabeles het van die huidige Zeerust naby Botswana gekom. Die Trekkers ry
die Matabeles ongeveer een uur te perd vanaf Vegkop tegemoet. Hulle probeeer
onderhandel, maar dit misluk. Hulle jaag terug na die laer en maak gereed vir die
geveg. Versterk die openinge tussen die waens met doringtakke.

35 Weerbare Trekkers teen ongeveer 5 000 Matabeles onder aanvoering van Kalipi het aan die geveg deelgeneem. Die geveg
het ongeveer 3 tot 4 uur geduur. Die destydse president van die Zuid Afrikaanse Republiek Paul Kruger (toe 10 jaar oud) het
aan die geveg deelgeneem. Twee Trekkers sterf en 14 is gewond. Die oorledenes was Nicolaas Potgieter en Piet Botha, broer
en swaer van A.H. Potgieter. Hulle is beide aan die voet van Vegkop begrawe
 
430 Matabeles is gedood en 1,137 assegaaie is binne die laer opgetel. Die Matabeles voer 6 000
beeste en 4 000 skape en bokke weg. Die perde was binne die laer. Marokka, die Barollong kaptein,
stuur trekosse om die gestrande Trekkers na Thaba Nchu, naby Lesotho, te neem. 
 
Die eerste monument is bo-op Vegkop opgerig op 2 Oktober 1883. In Desember 1912 word dit 
verskuif na die huidige terrein. Die CJDV (Christen Jongeliede Debats Vereniging) saal is gebou in
1905. Dit dien tans as museum. Daar is drie afdelings nl. Voortrekker-, Boereoorlog- en Heilbron 
geskiedenis. Vegkop is in 1984 deur die vorige regering gerestoureer. ‘n Beeld van ‘n Trekker op ‘n
klipstapel, is gedoen deur die beeldhouer Coert Steynberg. Dit was sy laaste beeld. In die ringmuur
rondom die beeld is 6 friese aangebring deur sy dogter Isa Wichers. 
 
 Bo-op Vegkop is Goya hutte van onbekende swart stamme uit die laat ystertydperk (vroeë 1800’s).